Die Skrif en die Krag van God
Ons hou daarvan om sommer by ons byeenkomste te sê dat ons nie ‘n storieboek Jesus dien nie, maar Emmanuel (God met ons). Ek wil Hom nie net die heeltyd Hom in ‘n boek bestudeer nie, ek wil Hom beleef!!
Die Bybel sê uitdruklik die Koningkryk bestaan nie net uit woorde of praatjies nie, maar in krag.
Waar God is, is daar krag en die effek van Sy teenwoordigheid sal altyd beleef word in een of ander vorm van wonder of teken, of dit nou ‘n genesing is, of Sy kragtige redding van een of ander persoon die vinger van God sal altyd beleef word waar Hy is.
Die Woord sê ook uitdruklik Sy teenwoordigheid “volg” Sy Woord: Mark 16:20 Hulle het toe die evangelie oral gaan verkondig (Sy WOORD gaan deel), en die Here het met hulle saamgewerk en hulle prediking bekragtig deur die wondertekens wat daarop gevolg het.
Jesus gaan so vêr om te sê: As julle nie die werke van die Vader sien gebeur nie (dis is die krag van God gemanifesteerd), moet julle My en dit wat Ek sê nie glo nie!
Joh 10:37,38 As Ek nie die werke van my Vader doen nie, moet julle My nie glo nie; maar as Ek dit doen, al glo julle My nie, glo die werke, dat julle kan erken en glo dat die Vader in My is, en Ek in Hom.
(Kyk ook na Joh 9:2-7 en Joh 14: 8-14)
Mat 22:29 Maar Jesus antwoord hulle: "Julle dwaal omdat julle nie die Skrif en ook nie die krag van God ken nie”.
Dit was nooit God se plan dat ons Sy Woord bo Sy krag (die werking en bediening van die Gees) moes stel nie, en ook dat ons Sy krag bo Sy Woord moes stel nie. Die een sonder die ander sal altyd een of ander vorm van dwaal veroorsaak!
Mag jy gemeenskap met Sy Woord en die krag van Sy opstanding elke dag van jou lewe beleef.
Terugvoer: Ons konferensie was ‘n groot fees, dankie aan elkeen wat daar was. Ons was Donderdagaand en Vrydagaand so gemiddeld van 130 mense gewees, Jolizna-hulle vir ons gehelp met die Praise & Worship. Die Saterdag was groot! Ons was omtrent 450 mense by die conference die Saterdag, meer as 200 mense is gedoop met die Heilige Gees (met spreke in ander tale), 33 mense is in water gedoop, die Woord was gesalf, worship great (thanx Morne en band) en mense is vol vuur terug na hulle huise en kerke! Dankie aan Riaan en span vir heerlike kos die Saterdag. Dankie aan Hunger and Thirst- hulle het die conference finansieël gesponsor!! Broer (Neil), jy praat nie net van saad nie- jy wys ons hoe word dit gedoen!! Baie dankie ook aan elkeen wat op een of ander manier betrokke was, ons waardeer dit. Ons nuwe foto’s van die conference is op ons website- kyk gerus daardeur: www.tellthenations.co.za.
Intussen het ons alreeds 2 Kingdom Power Events gehou (Windsorton en Barkly). Ek dank die Here vir elke siel wat hy red, elke genesing en bevryding en vars vuur wat mense ontvang by hierdie byeenkomste. Ons hou elke maand by Windsorton, Barkly Wes, Ritchie en Hopetown ‘n twee dag Kingdom Power Event as commitment om mense nie net te evangeliseer nie, maar te mobiliseer!
Ons Roodepan Fellowship bars uit sy nate uit- dit is ‘n “hub” vir getuienisse en ons dank God daarvoor! ‘n Groot gedeelte van ons fellowship beweeg weekliks uit in die state om mense te bedien met God se krag en liefde en wonderwerke gebeur so op die strate, dit maak dat daar klomp mense ons Fellowship besoek met die hoop dat God hulle ook sal aanraak. Hier is 3 wonderlike getuienisse:
‘n Vroutjie wat ons vir so 2 maande lank besoek, het weekliks uitgekom vir gebed vir genesing, en nooit regtig vir ons gesê wat fout is nie. Sy het toe ‘n vreemde uitslag ontwikkel waarvoor sy dokter toe gegaan het. Hierdie uitslag is tipies aan mense wat “Vigs pille” drink sonder om die virus te hê. Na toetse is dit bevind dat die Here haar van HIV genees het!! Ons het vir ‘n 15 jarige meisie wat in beide ore doof gebore is gebid en die Here het haar gehoor herstel. Sy is ook by die konferensie gedoop en die doping met die Heilige Gees ontvang. Ons het twee weke terug by ons twee fellowships begin voorbidding doen dat die Here die mag van drank in huishoudings se lewens sal verbreek. Een van ons leiers het ingestaan vir haar suster en man wat alkoholiste is. Haar suster het laas Sondag ons diens bygewoon, die Here het haar aangeraak en bevry van verslawing en drank en terselfde tyd gedoop met die Heilige Gees (met spreke in tale). Toe ons leier by die huis na diens kom, was haar man alreeds dronk en moeilik, sy het net begin lofliedere sing en in haar hemelse taal gebid, haar man het toe kamer beweeg. Nie lank daarna nie hoor sy ‘n geween en gehuil in die kamer, die volgende oomblikke doop die Here haar man met die Heilige Gees (met spreke in tale)!! God is goed en ‘n Waarmaker van Sy Woord! Ek glo ook dat hierdie die eerste deurbraak vir baie ander huise is wat God vertrou om die mag van verslawing en drank te verbreek.
Ons Platfontein Fellowship gaan great aan en ons is 23-26 Oktober besig met spesiale genesingsdienste vir die gemeenskap, Platfontein is lekker naby, so kom saam asseblief!
Ons glo die Here is besig om genade te gee vir mense om hulle finansies in orde te kry en ook skuldvry te kom- vir Sy Koninkryk en bevordering daarvan se onthalwe. So, weet dat ons intersessors vir die laaste 3 weke intens vir elkeen van ons partners bid vir hierdie saak. Die Here het vir Neil ook baie wysheid en guns gegee rondom Kingdom Finances. Hy het alreeds een Maandag bedien daaroor en gaan binnekort op Maandae daarmee aangaan! Jou finansies is nie net iets wat reg gebid word nie, die Here release gewoonlik vir jou wysheid en ‘n plan van aksie (en daar is altyd saad daarby betrokke), en dan release Hy favour oor Sy plan. Mail my gerus om te hoor wanneer Neil bedien sodat jy dit kan bywoon.
Onthou, ons hart is mobilisering, so ons is besig om ‘n Kingdom Ambassadors Program in plek te kry waar elkeen wat wil optree as ambassadeur nie net opgelei word nie, maar deur middel van ‘n maandelikse feedback sisteem prakties ge”coach” kan word hoe om dit te doen- so hou dit dop en raak deel daarvan.
Ek wil weereens vir elkeen van ons finansiële partners baie dankie sê vir julle ondersteuning. Ek bid dat die Here hierdie saad sal vermenigvuldig en dat die oes daarvan aanbidding vir God sal beteken. My gebed is ook nie net vir ‘n finansiële oes nie, maar in elke area van jou lewe, en soos wat jy in die salwing en werk van God belê, dat jy en jou gesin ook die voordeel daarvan kan beleef!!
Blessings,
Steve Pretorius
Tell The Nations
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Twitter
Facebook
Flickr
RSS
0 comments: (+add yours?)
Post a Comment