Hosting God: Baptised by Fire

0 comments


Hosting God: Baptised by Fire…


John 1:32,33 Then John gave this testimony: "I saw the Spirit come down from heaven as a dove and remain on him. I would not have known him, except that the one who sent me to baptize with water told me, 'The man on whom you see the Spirit come down and remain is he who will baptize with the Holy Spirit.'
Mat 3:11 "I baptize you with water for repentance. But after me will come one who is more powerful than I, whose sandals I am not fit to carry. He will baptize you with the Holy Spirit and with fire.

Ons Konferensie is volgende week 13-15 September by die Boma!
Ons Donderdag en Vrydag sessie begin 19:00, en Saterdag is heeldag. Ons eerste sessie begin 9:00, ete is 12:00 en laaste sessie is 15:00. Die konferensie is gratis, maar jy moet asb registreer sodat ons vir jou kan voorberei. Jy kan by ons home page registreer op ons website: www.tellthenations.co.za, alternatief kan jy my sommer ‘n mail stuur om te sê jy kom.

Ons is geroep om God (die Heilige Gees) hier op die aarde te “host”, sodat Hy in en deur ons Sy wil kan laat geskied en sodat Sy koninkryk kan kom hier op die aarde, soos in die Hemel!! Dit is nie net ons tema vir Ignite Conference 2012 nie, maar ons gebed- Here vul ons met die volheid van U Gees, sodat ons U liggaam, die volheid van Hom, alles in almal vervul.

Ons leef in die eindtye, en God is reg oor die wêreld besig om Sy Gees en Vuur soos nog nooit van tevore KRAGTIG op alle vlees wat dors na Sy volheid uit te stort. Ons vertrou die Here, nie vir ‘n nice conference en goeie teachings nie, maar die kragtigste uitstorting van Sy Gees en Vuur wat die Noordkaap al ooit beleef het, sodat ons kan gaan, soos Jesus, vol van die Heilige Gees. En dié wat dit begeer, bid saam met ons- DO IT AGAIN IN OUR GENERATION!

Behalwe dat ek wil hê dat jy moet kom, wil ek jou vra om soveel moontlik mense te nooi en te registreer. Bring nie net die honger harte nie, maar bring die gebroke, die sieke, die verslaafde, en die hopelose. Ons sien daagliks die hand van God wat mense genees, aanraak en bevry. Bring mense met chroniese siektes, ongeneeslike siektes, mense wat deurbrake nodig het, ens. Jy hoef nie eers te glo nie- EK GLO, wees net gehoorsaam aan die Heilige Gees en nooi die mense wat jy ken en soos die Heilige Gees jou herinner, en neem verantwoordelikheid om hulle by die konferensie te kry… ONS SAL SORG DAT DIE HEILIGE GEES DAAR IS- ONS HOST HOM!!!

ONTHOU, HIERDIE JAARLIKSE KONFERENSIES HOU ONS SPESIAAL VIR AL ONS PARTNERS OM VIR JULLE DANKIE TE Sê, JULLE TE SALF EN TE BEDIEN, DIT SAL NIE DIESELFDE WEES SONDER JOU NIE!!

Baie dankie vir jou getrouheid aan Tell the Nations!! Saam is ons besig om Jesus se Koninkryk uit te brei.

Blessings

Steve Pretorius