Hy verdien dit!

0 comments


Rom 8:32 He who did not spare his own Son, but gave him up for us all--how will he not also, along with him, graciously give us all things?


Wow, wat ‘n powerful skrif!! “…hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?”

Die Vader wil ons nie net ons verhouding met Hom herstel deur ons te verenig met Sy Seun nie, maar saam met Sy Seun ook al die ander dinge (wat dit ookal in jou lewe mag wees), genadiglik aan ons gee. HIERDIE IS SY WIL GEOPENBAAR!

1 Joh 5:14,15 En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.

Ek wil jou bemoedig: wees vrymoedig en vra Hom! Inteendeel, dank Hom vir Sy voorsiening. Sy wil is geopenbaar: Hy gee genadiglik (dit beteken- op grond van Sy rykdom van barmhartigheid en die prys van Jesus se kruisdood)!

Die waarborg dat ons verkry wat ons vra lê in Sy Genade!
Rom 3:23-26 Almal het gesondig, en het nie deel aan die heerlikheid van God nie, maar hulle word, sonder dat hulle dit verdien, op grond van sy genade vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Hom het God gegee as offer wat deur sy bloed versoening bewerk het vir dié wat glo. Hierdeur het God getoon wat sy vryspraak behels: Hy het die sondes wat Hy voorheen in sy verdraagsaamheid tydelik ongestraf laat bly het, vergewe. Maar Hy het ook getoon wat sy vryspraak in die teenswoordige tyd behels: Hy oordeel regverdig deurdat Hy elkeen vryspreek wat in Jesus glo.

Lees gerus weer Jesaja 53 en kyk waarvan ons alles vrygespreek is! Kyk bietjie wat ons ontvang deur Sy GENADE!

Deur Sy wonde is ons genees, vrede is nou beskikbaar, hy het armoede geword sodat ons Sy rykdom kan ontvang, Hy het verwerping beleef sodat ons aanvaarding by die Vader kan kry, ‘n vloek geword sodat ons die seën van Abraham en die belofte van die Gees kan ontvang…

HOOR HIER- Vergeet vir ‘n oomblik wat jy verdien of nie verdien nie! JESUS HET DIE PRYS BETAAL- NIE JY NIE. HY VERDIEN JOU GENESING, VRYHEID, DEURBRAAK, AANVAARDING, ENS. ENS. ENS!!

2 Kor 5:21 Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid met Christus, deur God vrygespreek kan wees (sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom).

God het gekies om Jesus in ons plek as sondaar te behandel, sodat ons (wat in Jesus glo) in die regte verhouding met God kan staan.

DIT IS ALLES GOD SE INISIATIEF- VRYSPRAAK, GENESING, VOORSIENING, DEURBRAAK… ALLES SY WIL VIR ONS. ONS “RESPONSE” IS OM TE GLO, EN TE ONTVANG. JA, HY VERDIEN DIT DAT ONS NIE NET SY SEUN ONTVANG NIE, MAAR AL DIE ANDER DINGE. DAAR WAS ‘N DUUR PRYS DAARVOOR BETAAL!

Vader, ek bid vir elkeen van ons partners, dankie Jesus dat U reeds die prys betaal het en dat ons nou vanuit U genade kan ontvang. Ek release U blessing, genesing, deurbraak, U vuurdoop oor ons partners. Ons bid dit nie uit ons eie verdienste nie, maar uit ‘n vrymoedigheid en dankbaarheid met die volgende verklaring: U verdien dit! In Jesus’ naam bid ek dit. Amen.

Dis November en die jaar is so te sê verby! Baie dankie vir elkeen wat ons finansiëel ondersteun en vir ons bid. Baie dankie ook vir elkeen van julle wat deel is van ons ministry teams. Dit was nie net ‘n jaar waar ons “op ons eie” gegaan het nie, maar ook ‘n jaar waar ons kon groei in dit waarvoor die Here ons geroep het- to change the expression of Jesus en die equipping van God se saints om die werke van God te doen! Ons as span kan nie meer wag vir 2013 nie. Ek glo die Here gaan ons volgende jaar help “to establish culture”.

Getuienisse stroom weekliks in, nie meer net van genesings en deurbrake nie, maar hoe God elkeen wat bereid is om uit te beweeg kragtig gebruik. Daar is ook talle getuienisse van finansiële deurbrake van mense wat na Neil se teachings oor Kingdom Finances begin luister en dit toepas. Hou aan om ons op hoogte te hou van getuienisse.

Ons hou Maandag, 26 November ons laaste formele Ignite Ministry Training aand vir die jaar by die Boma. Ek sal julle op hoogte hou van informele geleenthede.

Ons hou Dinsdag 27 November tot Vrydag 30 November genesingsdienste by ons tent in Ivory Park, Roodepan.

Donderdae Fellowsip in Platfontein en Sondae Fellowship in Ivory Park, Roodepan gaan soos normaal aan, so join ons gerus bietjie daar.

Ons voorbidding gaan soos normaal aan, so laat weet asb as daar enige gebedsversoeke is.

Ek en Vidette wil ook net vir die Here dankie sê vir Sy Goddelike beskerm tydens ons motorongeluk. Alhoewel die kar afgeskryf is, het ek en sy sonder enige besering uit die kar geklim. Ons was ook in staat deur die Here se genade om die mense in die ander voertuig te bedien tot eer van Sy naam.


Blessings en liefde

Steve Ptetorius