15-17 September: Ignite Conference 2011
Vir wie is hierdie konferensie en hoekom hou ons dit?
Ignite Konferensies is jaarlikse konferensies en is eintlik vir enige persoon wat ‘n begeerte het na ‘n dieper persoonlike verhouding met God en wat hom- of haarself beskikbaar wil stel om deur God gebruik te word. Ons Ignite Konferensie gaan NIE oor evangelisasie of uitreike NIE, maar oor JOU en GOD!
Die “hoekom” kry ons in 2 Tim 1:6 “…to stir up (rekindle the embers of, fan the flame of, and keep burning) the [gracious] gift of God, [the inner fire] that is in you by means of the laying on of my hands…” [AMP]
Dit is ‘n geleentheid waar ons die Here vertrou vir die “vars vuur” van Sy teenwoordigheid in jou lewe en bediening.
Hierdie jaar se tema is “God Encounter!”- dit is ook my gebed vir elkeen wat die konferensie bywoon. Lees gerus deur die Woord van God watter impak een so ‘n “encounter” met God op die lewe van mense in die Bybel gehad het. Jesaja het in een oomblik verander van kind na profeet, Moses het verander van skaapwagter en swerwer, na die “redder van Israel”, Gideon van bangbroek tot dapper held, Saulus het verander van moordenaar en vervolger van die kerk na die Apostel van Genade…
Ek glo dat net een so ‘n “encounter” die potensiaal het om elke deel van jou lewe en bediening radikaal te kan verander, meer as jare se opleiding en kennis. Ek glo ook dat ons ‘n baie groter behoefte het vir ‘n openbaring van God, as kennis oor God!
Die Konferensie-tye is soos volg:
Donderdag 15 September: 18:30
Vrydag 16 September: 18:30 (Spesiale salwings- en afsonderingsgeleentheid)
Saterdag 17 September: 11:00 (Past Herman Steyn)
Saterdag 17 September: 17:00 (Hoogtepunt geleentheid)
Die Konferensie is by die Boma en is gratis. Ons het wel net plek vir 200 mense, so dis noodsaaklik dat u wel registreer.
Registreer by www.tellthenations.co.za
Kom geniet die “live praise & worship” en die geleentheid saam met ons.
(Vir aanwysings na Boma, gaan na ons website, click op feedback and events en click op boma).
Steve Pretorius
0824473128
Ignite Conference 2011
Tell The Nations
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Twitter
Facebook
Flickr
RSS
0 comments: (+add yours?)
Post a Comment